Tuesday 18 December 2007

Die du Toit Familiedag

Sondag, 16 Desember was Oupa du Toit se verjaarsdag. Daarom, op hierdie dag elke jaar, kom die nasate van Oupa en Ouma du Toit bymekaar. Hierdie jaar was dit weer by Elsabe en haar gesin gewees. Ook hier het ons baie familie gesien en lekker gekuier. Familie gesien wat ons baie lank nie gesien het nie en ook gehoor dat daar van hulle is wat ook daaraan dink om ander weivelde te gaan soek.


Op die foto is Elizna, Marinda en Louis, Hettie en Rensche

Francois was net voordat ons in Suid Afrika aangekom het in die hospitaal. Galstene is met laser stukkend geskied en onder die operasie het sy galblaas gebars. Gelukkig dat sy seun Japie by hom was toe dinge verkeerd geloop het en hy kon dadelik hulp roep.
Lizelle, Mercia, Rens en Francois

Hier is Jaco, Gelome, Isabel, Andre, Andries en Ricus




Johan, Chrissie, Marinda, Jaco en Gelome



Dit was 'n baie lekker dag. Die kinders het hulle gate uit geniet in die swembad en die ouer mense het baie lekker gesels oor allerhande dinge. Baie stories uit die ou verlede is vertel en oorvertel.



No comments: