Monday 31 December 2007

Feesgety op die plot

KERSFEES 2007
Pa Pieter en Ma Annatjie was die jaar saam met Ouma Hettie op die plot vir Kersfees. Soos gewoonlik was dit 'n lekker samekoms van familie.

Oupa Japie en Pa Pieter

Johan het vir die kleintjies herinner dat Kersfees oor die geboorte van Jesus gaan en dat hy vir ons die grootste geskenk is.


Almal het aandagtig daarna geluister.


Almal maak gereed om Kersvader te ontmoet.

Soos gewoonlik is daar lekker geeet.



Men and their toys. Paintball was die jaar die grootste tydsverdryf op die plot.
Pa Pieter is die een met die helmet op, hy het nie geweet wat hom tref nie.

Die span maak gereed.
OUPA JAPIE WORD 89!!


Ons het lekker verjaardag saam met oupa Japie gehou.
Hy het gese hy gaan nog oor die 100 jaar oud word.
Ons wens hom net alle liefde en voorspoed toe.

Dit gaan nou weer beter met oupa.

Hier is fotos van die dag saam met hom:











RUBEN EN HETTIE
Ruben het die tydjie baie lief vir ouma Hettie geword en deur dit te wys het hy vir haar 'n blommetjie gepluk. Hy begin ook nou al Hettie roep as hy haar soek.



HETTIE SE BABY SHOWER
Hulle het dit goed gedink om Hettie se Baby Shower te hou terwyl die meeste van die familie by mekaar is. Hettie het glad niks vermoed nie en dit was vir haar 'n groot verrassing. Sy was baie gelukkig en het baie mooi goedjies gekry.

As als volgens plan verloop sal Marnel op die 25ste Februarie hier wees.

Andre moes ook deel van die party wees. Hy was 'n stroopsoet baba.


'n Paar fotos:




No comments: