Thursday 27 December 2007

Belangrike dae wat agter gebly het

Terwyl ons so lekker gekuier het, het daar 'n paar verjaarsdae en huweliksherdenkings agterwee gebly. Ons het ook nie altyd toegang tot internet nie en kan dan nie skryf nie. Ons kuier baie lekker in Suid Afrika. Dit is baie lekker om al die familie, vriende en kennisse te sien. Ook baie lekker om Afrikaans te hoor.
Verjaarsdae en huweliksherdenkings :
Kobus en Amanda het hul huweliksherdenking op 5 Desember gevier, asook
Gert en Marinda Besuidenhout
9 Desember het Margaretha Strydom verjaar
10 Desember was die tweeling, Nicole en Michelle Redelinghuys se verjaarsdag
Ook Marlene van Dalen het op 10 Desember verjaar
Andries Labuschagne het verjaar op 11 Desember
Huweliksherdenkings op 11 Desember was :
Japie en Sune Strydom, Nic en Doreen van der Merwe en Chris en Francis du Toit
Bennie Labuschagne het op 13 Desember verjaar
Hettie Nel se verjaarsdag was op 15 Desember
Evette het ons reeds geluk gewens op 18 Desember en Awie en Hettie Nel se troudag herdenking was ook op 18 Desember asook Nas en Amanda Hoffman se huweliksherdnking
Pieter Botha van Namibie het ook verjaar op 19 Desember, sowel as Willemien Coetzee
Elize Nortje se verjaarsdag was op 20 Desember
Isabel Coetzee en Marinda Strydom het op 21 Desember verjaar
Daan en Clara Harmse het op 22 Desember hulle huweliksherdenking gevier
Marelize Labuschagne het op 23 Desember verjaar
Baie geluk aan julle almal. Ons hoop julle het julle spesiale dae baie geniet. Mag vreugde, voorspoed en geluk deelwees van julle nuwe lewensjaar.
Therene wat die 27ste Desember verjaar, baie geluk. Geniet die dag.
Aan almal in New Zealand, baie dankie vir die Kerswense en die foto's van ou Kersaand. Ons verlang baie en sien uit daarna om weer terug te wees by julle.

No comments: