Saturday 29 December 2007

Huka Falls

Net buite Taupo is die Huka Falls. 'n Spul watervalle wat ontstaan het jare gelede toe die berg ontplof het. Japie het my en Marijon Donderdag soontoe gevat om die 'Huka Jets" aan te durf. Dit was groot pret. Die jet boot het geen propeller nie, hy beweeg deur 400 lt water per sekond deur elk van sy twee enjins te pomp! Sy bodem is ook heeltemal plat, wat beteken hy kan deur so min as 20cm water ry. Die 'kaptein' van die boot ry teen 80km p/h op iets af, dan maak hy 'n draaitjie met sy vinger in die lug, en dan moet jy houvas!!! Die boot maak 'n 360 draai en dan is almal wakker! Ek beveel dit regit vir al die adrenalien 'junkies' aan, defnitief !!!













No comments: