Thursday 27 December 2007

Beterskap wense

Amanda Strydom is op 15 Desember geopereer. Sy moes 'n nood histerektomie ondergaan. Sy het nog baie pyn, maar is darem al weer by die huis en dit gaan beter. Hoop jy is spoedig weer 100%.
Oupa Japie Nortje het ons gisteraand groot laat skrik. Hy was gladnie lekker nie. Ons het hom hospitaal toe geneem en hulle het hom oornag vir waarneming gehou. Vanmiddag het hy weer huistoe gekom en dit lyk darem asof daar nie groot fout was nie. Miskien was die opgewondenheid rondom Kersdag en alles wat daarmee gepaard gaan bietjie te veel. Beterskap, Oupa.
Hannes Strydom is ook al vanaf Sondag 23 Desember in die hospitaal. Dit gaan ook nou weer beter en ons hoop dat hy vandag sal kan huistoe kom. Beterskap Hannes en vasbyt, Jong.
Ons hoop almal voel gou beter en sien julle dan Sondag by Oupa se 89ste verjaarsdag.

No comments: