Monday 3 December 2007

Ons week weg van die huis

Ons eerste week van die huis af weg, oppad Suid Afrika toe en alles wat hier gebeur het.
Dit was 'n baie besig week.
Hierdie foto is Saterdagaand by Danie en Leane se huis geneem. Joshua, Ruben en Chanté in die bad.


Vroeër die Saterdag het ons na die Santa Parade in Howick gaan kyk.

Ruben op Oupa se skouers. Hy het dit baie geniet om na al die snaaksighede te kyk. Dit is te veel foto's om te plaas en ons sal later daarop uitbrei.

Net een foto van 'n vlot met 'n kersboom op.


Sondag op Auckland Lughawe. Hekkie het die foto geneem.


Ruben eet saam met Oupa Sushi met Chop Sticks




Ruben in die helikopter op die lughawe. Hy het solank die vlieg gevoel gekry.



Ruben en Oupa op die bewegende loopbaan. Een van sy gunsteling tydverdryf speletjies.



Ja, natuurlik moes hy ook loop en loop en loop, sodat hy lekker moeg kon wees op die vliegtuig.



Maatjies, o liewe maatjies. Gelukkig was hulle ook volop. Hy het orals maats gemaak en lekker gespeel.



Sjoe, Zippies, lyk ek nie sexy met my mooi nuwe sonbril nie?????



Oupa en Ruben, hy het die oorfone netso baie geniet.


Hy pas ook nie regtig meer in die basenet nie, maar het so dan en wan daarin geslaapl. Ons het baie turbulans gekry, met die gevolg dat hy maar meer op ons skote moes slaap, want dan mag hy nie in die basenet wees nie.



En natuurlik sy geflirt met die lugwaardinne. Hierdie een moes hom eers vashou en 'n foto neem voordat hy afklim. Hy was werklik baie soet en die vlug het goed gegaan.


Ons het die Strydom familie op Westonaria gaan groet en daar het hy en Jané gespeel.



By George en Magda was dit wees 'n lekker spelery met Suané.


Eintlik was sy fisier dié aand op Leon gestel. Hy wou hom nie uitlos nie.


Ons het nie foto's geneem van almal waar ons gekuier het nie, maar sal later daarvan plaas.
Saterdagoggend voordat ons Vryburg toe is het Pieter en Ruben vir Oupa en Ouma groot gaan kuier. Dit was 'n kort kuier, want Pieter het toe besluit hy wil vir Ruben Rooipoort toe vat en gaan wys waar Oupa groot geword het.
Dit lyk nie of die uitstappie vir Ruben interessant was nie, seker niks verstaan wat Oupa vertel het nie, want toe hulle by die huis kom, het hy geslaap.




Hierdie foto is geneem by die huisies waar ons geslaap het op Vryburg. Dit was vreeslik oulik toe hy op hierdie klippies te lande gekom het. Die voetjies het sleg deurgeloop. Hy wou nie verstaan dat hy nie daar sal kan loop nie. En, soos die spreukwoord lui : Wie nie wil hoor nie, moet maar voel. Dit het naderhand gelyk of hy wil dans soos hy rond getrippel het.


Voordat hy vir die eerste keer gestort het, het hy eers die gras, son en buitelug geniet.


Die hoogtepunt van gister was natuurlik oom Faan se 80ste verjaarsdag. Dit is Saterdag gehou, maar hy verjaar eintlik vandag saam met Pieter.


Oom Faan saam met sy twee susters afgeneem.
Tannie Clara Sam en tannie Hessie Hayward.



Sondagoggend het ons 'n heerlike ontbyt saam die Strydoms van Orkney geniet voordat ons terug gekom het Carletonville toe.
Dankie aan oom Faan en sy kinders. Dit was 'n voorreg om daar te wees. Ons het dit werklik baie geniet.
Pieter het toe natuurlik ook 'n lekker verjaarsdag partytjie gehad.


No comments: