Tuesday 4 December 2007

Ruben kom in die Kaap aan

Ons het gisteraand in die Kaap aangekom. Ruben was die opgewondenheid van self. Hy wou nie die middag slaap nie en ook nie in die vliegtuig nie, want hy het natuurlik weer maatjies gehad. Oppad na Oupa Danie en Ouma Miemie het ons hom probeer wakker hou, maar die donker en die moegheid het hom ingehaal.


Oupa Danie groet vir Ruben

Ouma Miemie sê hallo.


Al slapende het ons gou 'n foto van hulle geneem.


Vanoggend toe ons by hulle terugkom, het hy en oupa Danie al groot maats geword en hardloop hulle buite rond. Ouma moes natuurlik sorg vir ontbyt. 'n Groot voordeel vir die manne, né. Nou kan Oupa meer tyd saam met hom spandeer.



No comments: