Saturday 29 December 2007

Ons Groot uitstappiedag.

Vrydag was Marijon se laaste dag by ons. Ons het besluit om dit 'n groot uitstappiedag te maak. Vroeg is ons van die plaas af oppad Rotorua toe. Die program vir die dag was dìt:

Heel eerste het ons besluit om met die kabelkarretjies teen die berg op te gaan.

Nou is ons op die berg, maar hoe nou weer af? Met die Luge karretjies natuurlik! Hierdie is GROOT pret. (Vir klein en groot!) Die luge is 'n tipe gokart, net sonder enjin. Dis maklik, as jy die handvadsels helltemal agtertoe trek, dan briek jy, en so in die middel vang jy die lekkerste spoed. En daar trek ons!!!!




Nou is ons weer onder, maar die keer gaan ons met 'n ander karretjie op.



So het dit gegaan tot almal nou genoeg gehad het. Daarna het ons pizza gehad vir middagete, en aanbeweeg na die Spring Valley Wildlife Park, waar ons gekyk het hoe hulle die leeus voer....maar, Japie was te skrikkerig vir die leeus, en het besluit hy voer eerder die donkie!!


Na al die opwinding van die dag, het ons die meisiekinders by oupa Bes en ouma Jo gaan aflaai, en is ons na Mitai, 'n Maori Village, vir 'n konsert. Maar meer daarvan more.

No comments: