Tuesday 18 December 2007

Nuwe Rokkies vir die Prinsesse...

Liewe ouma Gerda het vir die 3 prinsessies nuwe rokkies saam met Marijon gestuur. Ons het die laaste 4 weke elke naweek 'n partytjie gehad, maar elke naweek was die weer te goor. Uiteindelik het die sonnetjie Sondag warm genoeg geskyn dat die 3 hulle nuwe rokkies na Jack ('n maatjie) se partytjie kon dra. Almal was mal oor die rokkies en hulle het eindelose komplimente gekry. DANKIE OUMA GERDA !!!!

Odélia

Annika

Joanné

No comments: