Monday 24 December 2007

Ou Kers Aand

Nou ja dit is sulke tyd. Die jaar is verby en nou hou ons Kersfees.
Kyk net hoe mooi is die tafel gedek. Ons wil net dankie sê vir Yolandi en Marijon. Dit lyk pragtig.
Die twee meisiekinders kon nie wag dat Kersvader moet kom nie. In die foto is Odélia, Marijon en Annika besig om gou te bid voor hulle gaan eet.

Nou is dit tyd. Kersvader gaan nou hier aan kom.
Annika, Marijon en Odélia.

Kyk wie is hier, dis Kersvader en hy het 'n paar geskenkies.



Dankie Kersvader. Odélia gee 'n soentjie vir ou Kersvader.


Nou is dit Annika se turn om vir Kersvader 'n soentjie te gee.


Kersvader was so dors en honger van die harde werk. Odélia het toe vir hom 'n glas melk en 'n paar koekies gegee.


Ons het darema 'n foto saam met Kersvader geneem voor dat hy na die ander kinders se huise toe moes gaan.


Kyk net hoe baie persente het Kersvader vir ons gebring.


Kyk gou hier julle twee en sê cheese....

Hier help Annika vir haar pappa om al die persente uit te deel.

Odélia het ook 'n hand by gesit.


Na dat al die persente uit gedeel is het ons nie op ons laat wag nie. Die papiere het vinnig begin waai.


Kyk ons nuwe speel ding.

Joanné het eers wakker geword nadat ons al die persente uit gedeel het. Sy het darema lekker baie pesente gekry.

Sjoe Joanné jy is darema 'n gelukkige ou dogtertjie.


No comments: