Monday 3 March 2008

Uitstappie na Bananas in New Plymouth

Verlede week was Japie en Hekkie bietjie uit op die see om vis te vang in New Plymouth, Taranaki, aan die weskus van Nieu Seeland. Yolandi en ek het die kleintjies vir die oggend na Bananas toe gevat, 'n binne huis speelplek, waar hulle behoorlik soos klein apies kon baljaar het. Daar was genoeg klim en klouter speelgoed en dit was ure se pret vir die 4.


Dit is hoe dit binne Bananas lyk




Odelia en Annika het gou tyd gehad vir 'n vinnige foto.

Ruben en Joanne op 'n hoppelperdjie

Yolandi, saam met Ruben en Joanne op die trampoline

Ek en Ruben tussen die balle

Odelia toe onder die balle


Annika het met gemak die tonnel aangedurf


Joanne lag te lekker, ook sy het die balle baie geniet.


Ruben in sy skik na se eerste gly deur die tonnel

No comments: