Tuesday 4 March 2008

Ruben se eerste swemklas

Ruben het vandag sy eerste swemklas gehad. Dis 'n halfuur lank elke Dinsdag. Daar word baie speletjies met hulle gespeel om hulle aan die water gewoond te maak, waarmee Ruben natuurlik gladnie 'n probleem het nie. Aan die einde van die klas was dit 'n storie om hom uit die water te kry.
Ons het begin met 'n balspeletjie, waar ons al die balle in die swembad moes kry en dan in die klein swembadjie gooi .......
toe is daar van die rant van die swembad in gejump...


daar is ook op die Waddle Boat gery, en af gegly...





deur 'n tonnel gedryf...


en ons het afgesluit met Ringa Ringa Rosie

No comments: