Thursday 13 March 2008

'n Groot Verjaarsdag

Ai, Ouma Hettie, dit is dae soos hierdie wat ons graag in Suid Afrika sou wou wees. Baie geluk met Ma se 84ste verjaarsdag. Mag dit 'n dag vol vreugde, geluk en seën wees. Geniet die dag en weet dat ons elke minuut van vandag aan Ma sal dink. Gods rykste seën word Ma toegebid op hierdie dag. Lief vir Ma. Pieter en Annatjie.








Baie, baie geluk met Ouma se 84ste verjaarsdag. Ons wens Ouma net die beste toe vir die jaar wat voorlê. Gods rykste seën. Baie liefde, Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné.

Gelukkige Verjaardag Oumagroot. Ons hoop dat Ouma 'n baie lekker dag sal hê en dat Ouma lekker bederf sal word. Mag dit vir Ouma 'n voorspoedige jaar wees en mag die Here Ouma vir nog baie jare vir ons spaar. Al is ons ver, weet dat ons Ouma in ons harte dra. Ons is lief vir Ouma

Hekkie, Daleen en Ruben

(wil net vir Hettie se dat Ruben Ouma nie vergeet nie, ons het foto's van al sy oumas en oupas teen die muur en kyk vir julle elke dag, dan soek hy vir "tie".

Baie geluk met Ouma se verjaarsdag. Mag die jaar vol vreugde en voorspoed vir Ouma wees. Hoop Ouma het 'n wonderlike dag en dat almal Ouma lekker bederf.


Lief vir Ouma en dink baie aan Ouma.


Johan en Sebil





Get free graphics at BlingyBlob.com


Baie geluk, Geor met jou verjaarsdag. Mag al jou kinderdrome waar word. Bly 'n groot en soet seun vir Pappa en Mamma. Geniet jou dag en onthou almal moet jou vandag bederf.




Baie geluk Aldin en Dewin met julle 3de verjaarsdag. Hoop hulle gaan lekker bederf word vandag. Mag julle nog baie jare lank gespaar wees.

No comments: