Monday 17 March 2008

Plaas by Tokoroa (Johan en Sebil)

Ons was weer oor die naweek op die plaas gewees. Hulle het darem al verder gevorder. Hier het hulle nou die voorbereiding gedoen voor hulle die sement gaan gooi. Die huis se raam werk.







Die stal vorder ook goed. Hy sal seker hierdie week toe gemaak word.





Al die raamwerk begin hulle nou afhandel.





Die voerkraal se sement is laas week gegooi. Daar kan so 800 koeie op 'n slag gevoer word.





Soos ons dit ken, die kuilvoergat. Daar is 3 van hulle. Die 3 sal seker die een opmaak wat ons op De Pan gehad het, né Oupa?






Daar is al van die mielies afgesny en in die een gat gestoor.






Hou maar dop, ons sal julle op hoogte hou oor hoe dit vorder.

No comments: