Thursday 15 November 2012

Whakamaru School Athletics

Vrydag 9 November was dit Ruben se skool se huissport.
 
Hulle was in 4 spanne opgedeel - Geel, Groen, Rooi en Swart.
Die skool is nie groot nie en die spannetjies het gewissel van 15 - 17 in 'n span.
Hier sit Ruben saam met sy spannetjie.
 


 
Carlo Minnie, in die geel, maak gereed om te hardloop.



 
Ruben, tweede van links, gereeld vir sy resies.  Eerste van regs was Pieter, sy maatjie.  Ruben het hier eerste gekom.



 
Eerste van links is CJ, Carlo se boetie.  Hy het ook eerste gekom.



 
Sulize, eerste van regs en Simoné tweede van regs het onderskeidelik eerste en tweede gekom.




 
Met middagete was al die Suid-Afrikanertjies bymekaar en ons het gou 'n groep foto geneem.
 
Pieter, Sulize, Chanel, CJ, Carlo, Simoné, Chané en Ruben.
 



 
Ruben gooi 'n tennisbal.  Dit is die voorloper van spiesgooi.




 
Hier doen hy hoogspring.  Die tou begin laag en gaan dan elke keer bietjie hoër.  Tel dan ook 1, 2 of 3 punte.
 



 
Verspring - soos julle kan sien die driehoek.  Tel hier ook naby 1 punt, dan bietjie verder vir 2 punte en waar Ruben spring, 3 punte.



 
Hierdie is weer die voorloper van diskis.  Hulle gebruik 'n ring.



 
Die grootbal is gebruik om gewig te stoot.  Hulle moes dit doen presies soos gewigstoot en dan was dit afgemerk waar 1, 2 of 3 punte was.




En ek, Chanel,  het my eie atletiek gehou.  Hier spring ek om die boom se takkie te vang.
 



 
En 'n bietjie jumpie jump op die moonhopper.


 
Was 'n lekker outing saam met die kleingoed.
 


No comments: