Monday 19 November 2012

Mary Poppins


 
Pieter het die advertensie gehoor dat Mary Poppins die musiekbyspel in Auckland gaan wees.  Dadelik het hy vir my gesê om kaartjies te kry om te gaan kyk en ons moes vir Diela, Annika en Joanné saamvat.
 
So gesê, so gedaan.  13 Oktober was toe die dag. 
 
 
Hier sit hulle ingepak in die kar, reg om die 3 en 'n half ure Auckland toe aan te pak.


 

Die ingang na die hotel waar ons geslaap het.  Die KIWI International.
 



 
Klaar aangetrek en 'n vinnige pose saam met Oupa



en Ouma.




Die binnekant van die teater.





'n Suid-Afrikaner by die kroeg vra of sy 'n foto van ons almal kan neem.
 




Lekker laf saam met Oupa, sit ons in 'n ry op die mat.
 



 
In die teater op ons sitplekke.



 
Dit was ook die laaste foto wat ons kon neem, want ons moes die kamera bêre.  Geen verdere fotos nie.
 



 
Die volgende oggend kry elkeen 'n beurt om te pose, voordat ons ontbyt eet.
 
 
Odélia



 
 
Joanné


 
 
Annika
 

 
 


Oppad terug huistoe en ons word bederf saam met Oupa. Elkeen 'n lekker roomys in die hand.
 
 
 
 


Was 'n baie lekker outing saam met julle meisiekinders.  Hoop julle het dit ook baie geniet.  Lief vir julle.
 
 
Nou wag ons vir 'n lekker warm dag wanneer Oupa weer af het, sodat ons vir Ruben en Chanel ook kan uitneem.

No comments: