Wednesday 28 November 2012

Ons huis

 
So 'n bietjie van die huis waarin ons nou bly.  Ons was baie verlig toe die eienaars ons genader het om te huur.  Die huis is redelik koud, maar het 3 slaapkamers, groot sit en eetkamer, kombuis en badkamer en 'n aparte laundry.  Voor ons ingetrek het, het ons besluit om die garage in 'n kantoor te komskep.  Dus het die garage mat in gekry. 
 
Hierdie is die besigheid se rekenaar en Sebil se werkplek, wat almal van ons met haar deel.
 
 


Hierdie is ons persoonlike rekenaar, waarop ek alles sit en doen en dan die labtop waarop ek die salarisse doen.  Ook die afdrukmasjien/faks is in hierdie hoekie.  Dan is daar nog 'n ander tafel waarop ons kan werk.


 
Met die kyk na die huis, het ons agtergekom dat daar bubbles in die vinyl op die vloer is.  Nadere ondersoek het gewys dat die vloere nat geword het en die vinyl los is.  Die eienaars se versekering het uitbetaal en nuwe vinyl is ingesit.  Vir 2 dae was my huis op sy kop.  Die ingangsportaal, kombuis, badkamer, laundry en gang het nuwe vinyl gekry.  Nou lyk dit pragtig. 
 
Die foto is uit die kantoor van die gang geneem. In die agtergrond kan julle die ingangsportaal, eetkamer en sitkamer sien. 



 
Sal later weer foto's opsit.

No comments: