Wednesday 14 November 2012

Die bouwerk

 
Dit is baie duidelik dat daar iets gebou word.  Heel ver is die shed se site en die wit in die voorgrond is die boro pit waar die rylite uitgehaal word wat op die races gegooi word.
 
 

 
Die shed se bou site.
 
 

 
Die pit.  Dit is die gedeelte in die middel van die shed waar om die draaitafel gaan draai.
 
 


Hier waar die concrete klaar gegooi is, gaan die snap chiller staan.  Dit is die masjien wat die melk verkoel tot op 2 grade nadat dit uit die koei gekom het - 37 grade.  Die gedeelte agter die concrete gedeelte is waar die vats - tenks wat die melk hou, gaan staan.






Die dreinpype word ingesit.



 
Pieter en Johan werk uit waar die hekke moet kom.
 



 
Op 'n vorige foto het hier staal matte gelê.  Dit is nou al alles in die concrete werk ingebou.
 




Ruben wou eers nie saamgaan nie.  Maar ek kon hom nie alleen by die huis los nie.  Hy wou my oortuig dat hy alles al gesien het, want oom Japie het hom gewys.  Dit is waar, maar hy moes klim.  Baie ongelukkig het hy maar saamgery.  Skaars was ons op die site, of die hope grond het aftrek gekry.  Hy het heeltyd daarop gespeel.
 
 


 
Toe Chanel hoor ons gaan ry het sy begin aanstaltes maak bakkie toe.
 



 
Ons koeie wat hier op die plaas wei.



 
VERVOLG ..................

No comments: