Saturday 17 November 2012

Ruben en Oupa

 
 
Die outing om na die bouwerke te gaan kyk en wat Ruben nie wou meemaak nie, het op die ou end vir hom in 'n baie interessante dag verander.  Hy het al die werk met die masjien aan die race met die rylite gesien en lekker in die sand gespeel.  Nadat ons die masjien sien werk het, kon dit nie hoër of laer nie, hy moes na die een gaan kyk wat stilstaan.  Oupa moes hom alles wys.
 
Die earthmoving kontrakteur is Bruce Nickalls.
 

 
Ruben wou alles weet van hierdie masjien.  Kyk net hoe beduie Oupa.  Hulle het reg rondom die masjien geloop terwyl Oupa alles moes verduidelik.



 
Hier wys Oupa vir Ruben die bek waar die grond uitkom wat op die races gegooi word en waarmee die masjien ook die grond opskep.  Alles baie interessant gewees.




Toe ons by die huis kom, het hy gevra of hy met Oupa se trekkertjies en sleepwa en die trok en sleepwa kon speel.  Hy het ook gesê dat hy die volgende week sommer baie met sy skraper en trekkers gaan speel.
 


No comments: