Saturday 8 January 2011

Diela

Yolandi het vanoggend laat weet dat Odélia nie 'n goeie nag gehad het nie. Sy was koorsig, het pyn gehad en sy was baie wakker. Sy kla ook nou van pyn binne in die arm in die gewrig.

Die dokter het besluit dat dit die beste sal wees om maar die plek weer oop te maak en te kyk of die dreinering gewerk het of nie.

Diela is toe weer vanmiddag geopereer. Sy het nou 'n "backslap" aan wat die hele arm en die gewrig ondersteun. Hulle het ook besluit om so gou moontlik weer 'n MRI Scan te doen.

Hierdie foto is geneem net nadat sy uit die teater gekom het, terug in die saal.




Annika "pose" gou met 'n teater kappie op die kop.





Nou Joanné se beurt.





Dankie vir al jul gebede. Bid asseblief nog steeds vir haar vir volkome en spoedige herstel.


1 comment:

die fourie gesin said...

Sterkte aan al die familie...Odelia al jou maatjies dink aan jou en hoop dat jy gou gesond sal word...