Wednesday 4 February 2009

Verjaarsdae en huweliksherdenking

Celandré is vandag 'n volle 10 jaar oud. Sjoe, jong, ek onthou nog toe jy as baba vir ons kom kuier het. Baie geluk, Ounooi. Jy word nou so vinnig groot. Dit is nou tyd dat ons op een of ander manier kuier. Is nou 3 jaar laas wat ons julle gesien het. Geniet elke oomblik van jou verjaarsdag. Ek hoop jy word baie bederf.



Clarissa Labuschagne verjaar ook vandag. Baie geluk, Clarissa. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde, geluk en voorspoed wees. Geniet 'n baie lekker dag.




Baie geluk, Heinrich en Magda met julle huweliksherdenking. Mag die jaar wat voorlê vir julle baie vreugde en voorspoed inhou. Geniet julle klein mensie baie.

No comments: