Thursday 26 February 2009

Huis sport!

Odélia se skooltjie het vandag hulle huis sport gehad. Daar is drie spanne. Arataki (Odélia se span met die rooi), Pakonui (die groen span), en Wereta (die geel span).

Die spanne is in kleiner groepe opgedeel, en hulle het beurte gemaak met aktiwiteite.By hulle eerste aktiwiteit moes Odélia geblindoek word en die ander maatjie moet haar lei. Dan moet sy 'n bal optel en in 'n emmer gooi vir hulle om een punt te verdien.




Daarna moes hulle beurte maak om 'n net vas te hou, terwyl een van die spanlede 'n "rocket ball" in die net probeer gooi vir 'n punt.




Toe moes die spanlede in 'n ry staan. Die eerste lid moet 'n lap natmaak in die emmer, en aanstuur tot by die laaste lid, en die laaste lid moet soveel water uit die lap droog as mootlik. Die punt is om al die water van die een emmer in die ander emmer te kry.


Daarna moes die balvaardighede getoets word. Hokkie speel met die bal tussen die cones deur en weer terug. Ek moet sê, Odélia het my nogal verbaas met die een. Sy het baie goed gedoen.



Tyd vir 'n snack.

Daarna het hulle teddies van die cones af probeer gooi. Elke "raak gooi" tel 'n punt of twee.



Die volgende item was nie een van Odélia se gunstelinge nie, en sy het vreeslik frustreerd geraak as sy dit nie kon regkry nie. Hulle moes 'n bal tussen hulle bobene vasknyp, 'n paar meter ver hop met die bal, en dit in die emmer laat val.

Volgende was die "parachute". Spanlede laat die "parachute" op en af beweeg en een lid moet onder hom hardloop en oor hekkies spring. Baie gegiggel hier!
Die laaste item was Odélia se gunsteling. Sak resies!

Daarna het die spanne teen mekaar tou getrek en Arataki was die wenners. Ook ek moes instaan toe die mammas en pappas teen mekaar moes trek. En raai wat, die mammas was die sterkste!


Die dag is afgesluit met 'n swem in die meer en 'n roomys. Die drie meisiekinders was behoorlik flou na die dag se dinge en het sommer gou oppad huistoe ingesluimer.

No comments: