Monday 9 February 2009

Ons Sondagbyeenkomste


Sondag 25 Januarie het ons weer by die Whakamaru Playcentre bymekaar gekom. Daar het ons toe vir die laaste keer op 'n Sondag, Ouma Nellie - Carol se ma, by ons gehad. Sy vlieg op die 20ste Februarie terug Suid Afrika toe. Ons wens haar 'n veilige vlug toe en alle voorspoed in Suid Afrika.



Ons het ook twee nuwe Suid Afrikaners ontmoet - Zane en Erika Smit. Hulle is aangestel om die Whakamaru Christian Camp te bestuur.


Op die foto is Erika, Zane en Pieter





Ouma Nellie is links op die foto.





Gisteroggend het ons weer bymekaar gekom. Japie en Hekkie was nie by nie, want hulle was by die Sevens Rugby in Wellington.


Johan en Thea en hul dogtertjies was daar, saam met Yolandi en die dogters, Daleen en Ruben, Johan en Sebil en Ouma en Oupa.


Die fotos is na die sing en lees geneem. (Met die koffie drink daarna.)





No comments: