Tuesday 10 February 2009

Ruben

Daleen en Ruben het Donderdagaand by ons geslaap. Hekkie en Japie is Donderdagmiddag Wellington toe vir die Sevens Rugby.


In die bad, was hy Kersvader met sy hoed.






Vrydagoggend, voordat hulle huistoe is, kom hy van buite af in met : Oupa, catch some fish! Hy het die sleutel met 'n vissleutelhouer in sy hand en vat my kar se sleutel en gee vir Oupa. Nou moet die twee buite gaan roei en "Catch some fish."


Kyk net hoe roei hy en Oupa Pieter.




Hier vang hulle die visse. Baie in sy noppies met homself.





Toe is dit Mamma se beurt. Sy moes ook op die harde klippies gaan sit - wat die cano is en saam met hom "Catch some fish."

No comments: