Friday 13 February 2009

Global Fest

Saterdag, 7 Februarie, is daar in Taupo 'n Global Fest gehou. Daleen moes goed soontoe neem en ons het gou geloer hoe die Suid Afrikaanse stalletjie lyk. Ek dink Anneline het haar goed van haar taak gekwyt.
Die Suid Afrikaanse vlag.

Daar was heerlike melktert (wat Yolandi gebak het), vetkoek en maalvleis, koeksisters, egte SA worsbroodjies, beskuit en gesuikerde grondboontjies te koop.

1 comment:

Spear The Almighty said...

Lekker. Het vir 2 dae in Taupo gekuier in 2005. Dit is ongelooflik mooi daar. My ouboet bly in Auckland nou al vir 12 jaar.