Wednesday 31 October 2007

Trick or Treat


31 Oktober is Halloween. Verlede jaar het die kinders my heeltemal onkant gevang met die klop aan die deur en Trick or Treat. Gelukkig het ek dit al in 'n fliek gesien en geweet wat om te doen. Ja, en gelukkig het ek lekkers in die huis gehad.


Wel, vanaand was dit weer sulke tyd. Ons het terug gekom van die plaas af; net betyds om ons bure se kinders voor die deur te kry met Trick or treat. Die kamera was nie byderhand nie, maar ek het gelukkig van die ander kon afneem. Weereens was ek gelukkig om lekkers en chippies in die huis te hê. Vroeër die week het ek en Daleen daaroor gepraat en ek het gesê ek moet gaan lekkers koop sodat hulle my nie weer onkant betrap nie. Soos Ruben in 'n vorige blog vir julle gesê het : Sy ouma onthou nie so lekker nie. Vandag by Sebil weer daaroor gepraat en weer vergeet daarvan. Ook maar goed ek het kleinkinders wat lekkers moet kry anders weet ek nie so mooi nie. My soettand is getrek en ek mag nie meer so baie lekkers eet nie.







VERJAARDAGWENSE
Daar is baie koek geëet die week by die Snymans in die Kaap.


Baie geluk met jou verjaardag Eugene Snyman, God's rykste seën word jou toegewens.
Alle voorspoed en geluk vir die jare vorentoe.
Ook vir sy dogter, Wilna, baie geluk met jou verjaardag wat ook in die week was. Mag al jou drome waar word.

No comments: