Friday 2 November 2007

Johan en Pieter KI

Kalftyd is verby op die plase. Nou is dit weer tyd vir die koeie om gedek te word. Hier word hulle vir 'n tydperk van 4 tot 6 weke geki en daarna word die bulle ingejaag vir 'n verdere 4 tot 6 weke. Hierdie tydperk verskil van plaas tot plaas.
Die foto is geneem van Johan en Sebil se deck af. Dit is die melkstal op Vannerlands, die plaas waar Johan werk.




'n Foto van die stal.



Op die foto is Johan se werkgewer, Craig Vanner, saam met Johan.





As die hande te min is, moet die pistolet maar met die mond vasgehou word.

So 'n vinnige glimlag vir die kamera.


Definitief 'n baie selfvoldane glimlag.


Johan het die KI-kursus hier in New Zealand gedoen.
Sommige plase sinkroniseer soms 'n gedeelte van hul koeie wanneer "mating season" begin.
Sondagoggend moes daar 83 koeie geki word. Johan en Pieter het dit gedoen. Dit vat nogal 'n aardige tydjie om soveel koeie op een slag te ki.
Dit is darem nie elke oggend so baie nie en neem af na so 20 tot 25 per dag.




Pieter het darem nog nie die slag van ki verloor nie.





Die tegniek van KI bly dieselfde, maar sekere dinge let ons in Suid Afrika baie fyner na op. Dit bly in elk geval 'n baie interessante deel van die melkboerdery.

No comments: