Wednesday 21 November 2007

'n Dag in Hamilton

Sebil het gister 'n "refressing course" by Bio Sculpture naby Hamilton gehad. Ek, Daleen en Ruben is saam met haar. Ons was reg vir 'n lekker "shopping sprie" in Hamilton. Terwyl ons by die klere afdeling was, het Ruben stil gesit in die trollie, maar dit het net te lank geword. Daleen wou nog kersgeskenke vir die kinders koop en ons is na die speelgoedafdeling. Hier kon dit nie hoër of laer nie, hy moet uit. Elke kind in hierdie afdeling het natuurlik deurgeloop. Hy wou net speel. Die speelgoed het sy aandag getrek, maar die kinders meer. Hy wil net maats maak.






Hier is hy by 'n paar speelgoed wat hy dalk vir Kersfees wil hê.








Hier help hy om vir sy ma 'n rok te soek.


Daleen het die rok gaan aanpas en hy het baie gou agter gekom sy is nie meer in die winkel nie. Hy loop en roep na haar. Ek vat hom toe na die aanpashokkies toe en wys waar sy ma is. Hy gaan lê op sy maag en loer vir haar onder die deur deur. Maak gou Mamma, ons moet nog vir Zippies gaan haal.





In die kinderklere winkel Pumpkin Patch, het hy netso lekker tussen die klere gesoek. Maar ai, dit is dan net meisiekinders se klere. Waar is daar 'n hemp vir my???




So in die verbygaan het die TV ook 'n bietjie aandag gekry.





Tot groot vermaak van die winkelassistente, het hy vir hulle gedans. En ja, toe hy eers hulle aandag het, was daar nie keer nie. Maar my telefoon se geheue was vol en ek kon nie nog foto's neem nie. Hy het agter toe getree, weer gedans en met 'n groot gelag op die vloer neergeval op sy boude. Hy het bepaald hierdie dag saam met sy ma, ouma en Zippies baie geniet. Hy was so moeg, ons was skaars in die kar en nadat hy geëet het, was hy feitlik onmiddellik aan die slaap.





Ek het die berig halfpad gedoen, toe is ons eers uit plaas toe om te gaan kuier. Ons het by Hekkie en Daleen aangegaan en was gelukkig om Ruben nog wakker te kry.
Nou wil ek julle nog 'n staaltjie vertel.
Daleen sê vir ons dat gisteraand het Ruben uit sy eie na sy pa gegaan en hom naggesê en daarna vir haar ook. Hy is kamer toe en toe sy in die kamer kom, probeer hy om in die kot te klim.
Dit is so 'n halfuur later en hier loop Ruben na Hekkie toe, sê hom nag, vir Oupa ook en loop kamer toe, al waaiende. Daleen maak toe sy melk, hy soen Ouma ook en sy gaan sit hom in die kot. Sonder boe of ba raak hy toe aan die slaap.
By Japie en Yolandi was ons nie so gelukkig om die twee groot meisiekinders wakker te kry nie, maar Joanné het ons darem gegroet en 'n bietjie gespeel voordat sy kamer toe is. Ook sommer baie moeg en feitlik dadelik aan die slaap.
Ek kan vir julle een ding sê, ons gaan die klein mensies mis wanneer ons Sondag Suid Afrika toe gaan. Hulle trap diep spore in 'n mens se hart. Gelukkig gaan Ruben en Daleen darem saam.



Posted by : Annatjie

No comments: