Friday 23 November 2007

Meisiekinders kry vroeë Kersgeskenk

Oupa Pieter en ouma Annatjie het besluit om die meisiekinders se kersgeskenk vir hulle te gee voordat hulle Suid Afrika toe gaan.


Die dag was lank en dit was al na slapenstyd vir Odélia en Annika toe ons daar aangekom het. Die inpakkery en open home van die huis het sy tol geëis en ons het eers half nege op die plaas aangekom. Vinnig is 'n plan beraam om die twee buite te kry. Hulle het glad nie geweet van die geskenk nie en was baie verbaas.



Odélia het gevra : Wat is dit? Dit lyk soos 'n huisie. Annika het dadelik uitgeroep : Myne huisie, myne huisie.




Binne in die pophuis. Yolandi het al van hulle speelgoed ingesit. Sy moes eers stofsuig om al die skaafsels en saagsels uit te kry. Beloning was groot om die gesigsuitdrukkings te sien.




Gou-gou eers 'n foto saam met Oupa en Ouma. Die laaste een voordat hulle Sondag vlieg. Annika is al reg om huis skoon te maak.



Hier loer die twee oor die onderdeur.



Odélia wou net weet of hulle in die huisie kan slaap. Albei het op die vloer gaan lê om te wys dat hulle wel sal inpas as hulle daar kan slaap.



Dit het mooipraat gekos om hulle in die huis te kry. Baie later as gewoonlik is hulle dan ook bed toe.
Die pophuis gaan môre stukkend gespeel word.


Hierdie is dan ook my laaste post uit New Zealand. Sebil en Yolandi sal die blog doen hier en volgende keer gesels ek met julle uit Suid Afrika.


Posted by : Annatjie

No comments: