Thursday 15 November 2007

Ruben se skoen

'n Baie interessante brokkie nuus. Ek, Sebil en Ruben het so 'n tydjie terug die dorp ingevaar om 'n paar goedjies te doen. Onder andere het Sebil die dag vir haar 'n nuwe kamera gekoop. Ruben moes 'n droë doek kry en op 'n manier het sy een skoen uit die kar geval sonder dat een van ons dit gesien het. Ons kom by die huis en hy wil buite speel. Net een skoen in die doeksak. Dadelik besef ons dat die een skoen in die dorp verlore geraak het. So ongeveer 3 ure later is ons weer dorp toe vir Sebil se oogarts afspraak. Ek vra haar om by die winkel waar sy die kamera gekoop het langs te ry, want miskien het iemand die skoen opgetel en vir die mense in die winkel gegee. Ek gaan om te vra of die skoen in die winkel is en oppad na die winkel loop ek by die vullisdrom verby. Natuurlik nie verbaas nie, maar bo op die drom lê Ruben se frog. Dit is hoe dit hier gaan. Jy vergeet deure en garage deure oop vir naweke en niks gebeur nie. Dit bederf ons natuurlik vreeslik, want jy is nie meer so veiligheidsbewus soos altyd nie. Ook is dit iets wat julle self moet beleef. So, kom kuier en smaak wat hier in die land van die silwer varing aangaan.


No comments: