Sunday 11 November 2007

3 Meisiekinders

Elke Dinsdag en Donderdag oggend is die playcentre toe vir die 3 meisiekinders. Dit is soos 'n tiepe kleuterskool, maar eintlik meer speelplek vir die kinders. Die ouers hou self toesig en kuier terwyl die kleingoed speel.
Daar is iets van alles. Verf, klei, dress ups, klim en klouter, poppe, potte en panne met 'n kombuis, vir die seuntjies is daar hammers en gereedskap om mee te speel.
Verder is daar groot speelgoed om op te ry, soos trekkers en fietsies en dan natuurlik is daar nog die sandput.
Odélia besig om met verf 'n prentjie te maak.


Annika besig met haar prentjie.
Joanné se eerste kennismaking met die sandput.


SO TWEE WEKE GELEDE WAS DIE TANDARTS OOK BY DIE PLAYCENTRE.


Odélia wat nou al gewoond is aan al die dokters, is eerste aan die beurt. Heel gemaklik lê sy dat daar na haar tande gekyk kan word.



Nou is dit Annika se beurt. Jy kan duidelik sien daardie ogie wat onder die bril uitloer, is baie benoud. Nog nie gewoond aan al hierdie dinge nie.




Elkeen het 'n groot donkerbril gekry om op te sit vir die skerp lig.
Wag eers, Annika, ons moet nou "pose" vir 'n foto.





No comments: