Tuesday 13 November 2007

Ouma Jo, Odélia en Annika speel wegkruipertjie

Ons meisiekinders het nog nie van wegkruipertjie speel geleer nie. Ouma Jo het hulle geleer.
Odélia hou toe.

Annika het eers onder die kassie by die ingangsportaal weggekruip.


Sy besluit toe dat agter 'n deur dit moeiliker gaan wees om haar te sien. Reg geraai, reguit na Pappa en Mamma se klerekas toe.


Dit was ook nie lank nie, of Odélia het haar gekry.
Nou nog net vir Ouma Jo kry.


Hulle het koppe bymekaar gesit en ook gou-gou vir Ouma Jo uitgesnuffel waar sy agter die badkamer se deur weggekruip het.




No comments: