Monday 29 October 2007

Sondag se kuier by Japie en Yolandi

Sondag het ons almal vir Bes en Joanne gaan kuier by Japie en Yolandi. Dit het so 'n lekker dag uigedraai. Die son het geskyn en die kinders kon tot in water speel. Natuurlik yskoue water uit die tuinslang uit. Die twee dogtertjies, wat gewoond is aan warm water swembaddens, wou nie regtig in die koue water probeer sit of speel nie. Ruben, wat nog nie van swemlesse in warmwater weet nie, het gou-gou maats gemaak met die koue water en heerlik baljaar. Die twee meisiekinders, Odélia en Annika en lekker met die tuinslang gespeel en almal probeer nat spuit.
Ons dae word nou warmer en die son skyn ook warmer. Hopenlik is dit die draai van die seisoen en is die somer hier.
Die twee oupas, Bes en Pieter. Sit so ewe hoog en droog vir die kamera en smile.


Ouma Jo, Ouma Annatjie met Joanné en Johan.


Yolandi het die skapies bietjie melk gegee. Ruben kon eers nie besluit of hy die tiet self moes drink of vir die skapie gee nie. Uiteindelik het hy maar besluit die rooi tiet is nie syne nie en dat die skapie maar die melk kon drink.


Oupa Pieter, Joanné en Odélia.


Ruben en Joanné (met die hulp van Oupa) geniet die "see-saw" baie.


Joanné met Ruben se sonbril op. Wat 'n oulike prentjie!!!!


Met die sonblok op sy hare, moes hy weer 'n nuwe haarstyl kry. Kyk die middel van die kop waar die hare opstaan. Ek is seker dit was weer Zibs gewees wat dit gedoen het.


Odélia met haar nuwe swemklere. Dit was vir haar en Annika nie maklik om in die koue water te baljaar nie, want hulle is gewoond om in warm water swemlesse te kry.

Annika met haar swemklere.

No comments: