Monday 15 October 2007

Springbokke

Suid-Afrika bo!!!!

Baie geluk aan die Springbokke met hulle oorwinning vanoggend. Hier in die land van die silwer varing, is dit doodse stilte.

Pieter het gelukkig vanoggend toe hy by die werk kom, afgekry om die wedstryd by die huis te kom kyk. Natuurlik is hy terug met sy Springbok trui aan. Geen kommentaar nie.

Nou kyk ons uit na die naweek. Hulle sal nou hulle staal moet wys teen die Engelse. Ek glo nie dit gaan 'n maklike wedstryd wees nie. Ons hou in elk geval duimvas. Hulle speel natuurlik nou Sondagoggend (ons tyd) hier by ons.

No comments: