Wednesday 31 October 2007

Nog a paar foto's van Sondag

Die kleingoed wil in die water speel en Japie is nogsteeds besig om die glyplank op te blaas. Joanné moes ook kom kyk of sy kans sien vir die koue water.


Ruben het 'n rukkie gevat, maar besluit al is die water hoe koud, hy gaan dit aandurf. (Dit lyk nie of hy koud kry nie.)



Joanné het nader gestaan met die loopring om seker te maak dat haar nefie reg is. Maar self wou sy nie in die water nie.


Japie het vir Ruben die tuinslang gegee en toe was dit baie pret. Hulle het die meisiekinders nat gespuit en van die groot mense het ook 'n bietjie deurgeloop.



Odélia en Annika het hulle stoeltjies nader getrek en met die voetjies in die water gesit. Ruben het besluit dit is lekkerder in die water as om op die stoel te sit met sy voete in die water.




Gelukkig het nie een van hulle siek geword nie.

Ons het nou baie lekker en warm dae. Regte, egte somersdae. Die kinders kan nou met somersklere rondloop en dit geniet om buite te speel.

No comments: