Tuesday 9 October 2007

Babas, Babas, en nogmaals Babas

Dankie, Ouma Hettie vir hierdie brokkie nuus. Heinrich en Magda Barnard is swanger. Baie geluk, julle twee. Hoop die swangerskap loop vir julle goed af en dat die kleinding vir julle en julle ouers baie vreugde sal bring.




Op gister se "post" het ons vir André en Hettie geluk gesë met hulle huweliksherdenking. Gisteraand toe ons met Francois gepraat het, het ons gehoor dat daar wel 'n kleinkind vir hom oppad is. Baie geluk, André en Hettie. Mag die swangerskap vir julle ook goed afloop en mag die kleinding vir julle baie vreugde bring. Ook geluk aan die Oupas en Oumas. Sewe kleindogters vir Francois en Rens. Dit maak nie saak watter geslag nie, hulle bly 'n vreugde en maak ons lewens vol. Ons sal ook nie een van hulle verruil nie, al kon ons. Hulle bly almal spesiaal.




Morné en Irma Visagie se tweeling is ook gebore. 4 Oktober 2007. Op die foto is Irma en Larissa saam met Karma en Lene. Baie geluk aan julle en julle ouers. Hoop hulle bring vir julle baie vreugde.

No comments: