Tuesday 16 October 2007

Ek en Diela scrap.

Ek het een van my slaapkamers in 'n scrapbook kamer omskep. Die kantoor kamer waar dit eers was, was te klein. As ons wou scrap, moes alles eetkamertafel toe gevat word. Dit het jou langer gevat om alles uit en op te pak as wat jy kon scrap. Ek het 'n tafel gekoop vir die kamer en wag vir die ander een wat moet kom, sodat as ons almal wil scrap daar genoeg plek is.


Odélia het so twee weke gelede hier by ons gekuier. Sy wil ook vreeslik graag scrap. Sy het ook baie kreatiwiteit in haar. Kan pragtige prentjies teken en luister mooi as jy verduidelik hoe die goed gedoen moet word. Nou ja, die Donderdagaand was dit sulke tyd. Sy en Ouma moes scrap. Ek het 'n foto van haar en haar twee sussies gevat en een vir haar gegee. Haar baie mooi gewys wat sy moes doen en sy moes my volg in alles wat ek dan doen. Natuurlik net tot op 'n sekere punt. Die versiering van die foto was haar eie idees wat na vore gekom het.
Kyk net die konsentrasie waarmee sy werk om die "sticky tape" af te trek.




Ouma het natuurlik 'n plakkertjie of twee op die wang gekry en mag dit nie afgetrek het om die foto te neem nie.


Baie trots op haar eindproduk. Ek gaan nou een van die foto's bêre en dit so oor 'n paar maande weer vir haar gee sodat ons die verskil kan sien van nou tot dan.




Kyk Odélia se nuwe haarstyl!!!!





No comments: