Thursday 5 July 2007

Oppad plase toe

Gisteroggend, 4 Julie, het ek vanaf Taupo na die plase gery. Elke 2de Woensdag het ons vrouens 'n "beauty" dag by Sebil. Dan word ons gepamperlang. (Natuurlik teen 'n koste, maar dit is lekker.) Ek het gedink ek wil so 'n paar fotos neem om te wys hoe mooi groen alles in die hartjie van die winter nog in Nieu Seeland is. Hierdie 3 foto's is van 'n plaas geneem oppad na Daleen toe.




Die mis hang laag oor hierdie koppie.

'n Entjie verder aan, was die mis so dik op die pad dat ek skaars 50 meter voor my kon sien. Dit was al half nege in die oggend. Hier mag jy net 100km per uur ry. As jy minder as 100 meter kan sien, moet jy stadiger ry. Ek moes toe ongeveer 80km per uur verder ry.

No comments: