Tuesday 31 July 2007

Kleinkinders

Yolandi het vanoggend weer vir ons 'n paar foto's gestuur. In die speelkamer het Odélia 'n pop gekry wie se been ook in gips is. Sy het behoorlik dokter gespeel en die pop vol pleisters geplak. Die toetse is nie Maandag gedoen nie. Hulle wag om te hoor of dit vandag gedoen kan word. Dr. Nicol is besig om met die Uroloog kontak te maak om te hoor of hulle nie aan die niertjies kan werk terwyl sy onder narkose is nie. Dus, dit lyk my hulle wil sommer twee vlieë met een klap slaan. Ons glo en vertrou dat alles sal goed gaan en sy een van die dae by die huis sal wees. Sterkte vir julle!!! Kyk met hoeveel konsentrasie word daar gewerk.



Gelukkig is daar nog 'n kansie om vir die kamera te glimlag.



Intussen kuier Annika en Joanné nog lekker. Albei 'n bietjie siek, maar gelukkig nie ernstig nie. Ek dink hulle verlang ook al na Odélia soos ons almal.


Ruben, hieronder, wafferse meneertjie met sy donkerbril, kom kuier ook nog gereeld.


Die afgelope naweek het Johan en Sebil ook kom kuier. Annika het weer lekker met Tinky gespeel. Hier staan sy op een van die vuilgoeddrommetjies, reg om te "jump".


1 comment:

Unknown said...

Hello Hekkie, Daleen and Rubien julle seun lyk te oulik, hekkie jy weet ek kan nie lekker afrikaans praat nie maar ek wil net sê hello en liefde. Rayaan South Africa