Thursday 5 July 2007

Ons "Beauty" dag by Sebil

Soos ek reeds genoem het, is dit elke tweede Woensdag 'n Henne (Beauty) dag by Sebil. Dan word daar manicures en pedicures gedoen, gewax en gel op die naels gesit. Dit is 'n groot uittog. Ek kom van Taupo af, laai vir Daleen en Ruben op en gaan dan na Sebil. Eintlik moes ons 'n bussie gehad het, dan kon ek nog vir Louise, Estie en Lise opgelaai het en daarna nog vir Yolandi en die dogters ook. Maar nou ja, die motor is te klein en ek kan net vir Daleen en Ruben oplaai.
Ek het die foto geneem voordat Yolandi gery het. Louise en haar dogters was vir die eerste keer daar gewees. Die arme Ruben was die enigste haan onder 10, of sal ek nou sê 11 (Tinky ingesluit) henne. Voor op die foto sit Daleen, Odélia en Joanné; en agter is Yolandi met Ruben, Estie, Louise en Sebil met Lise en Annika.
Nog 'n paar foto's.
Die 3 Coetsee's lyk te pragtig, so almal in rooi getooi.

Op so 'n dag gaan dit nogal jolig. Met so 'n klomp vrouens bymekaar - kan jy net dink.



Die twee jongstes, Joanné en Ruben met hul mammas. Ruben het ons nogal verbaas, want hy kon Joanné nie genoeg "AA" nie. Hy sommer ook op sy kniegies voor haar.


Hier staan ons almal se skoene by die deur. Dit was vir my 'n baie uitsonderlike foto. Ruben se skoentjies so ewe by ons s'n. Die verhaal agter die skoene : Dit is baie nat hier en die gewoonte is dat jy jou skoene by die deur uittrek en daar los. Dan kom jy met of jou kouse of kaalvoet in die huis in. Wanneer jy klaar gekuier het, trek jy jou skoene by die deur aan en dan gaan jy uit. In die somer trek jy dit buite uit, want dan reën dit nie en is die moontlikheid dat jou skoene gaan nat word baie skraal.

No comments: