Monday 9 July 2007

Afrikaanse Christen Kerk van Nieu Seeland


Elke eerste Sondag van die maand is dit Nagmaal. Hier staan ons predikant, ds. Jaco Reynecke, by die nagmaal tafel.

Groot bedrywigheid in die kombuis. Na afloop van die Nagmaal, eet ons almal lekker saam. Hier word dit 'n "potlak" genoem. Elkeen bring genoeg kos vir sy huisgesin saam en dan eet almal van almal se kos. Elke 3de Sondag van die maand bring elkeen weer 'n bordjie eetgoed saam vir tee. Dit word weer "bring a plate" genoem. Al die ander Sondae drink ons net tee saam. Dit gebeur baie dat daar elke Sondag 'n eetdingetjie by die tee is.



Oppad om te gaan inskep, ontmoet Sebil en Johan nog 'n lidmaat wat hulle nie geken het nie.




Die tafel kreun elke keer onder al die kos. Die vrouens hier kan lekker kook, hoor.

Na afloop van die ete, is dit weer die groot skoonmaak. Almal was hulle eetgerei en bakke by die kerk.


Ja nee, kyk tot die manne dra hulle deel by. Hulle vee solank die saal uit.









No comments: