Tuesday 24 July 2007

Odélia se operasie

Odélia is Vrydag die 13de Julie in die hospitaal opgeneem nadat sy 'n ortopeut in Auckland gesien het vir haar linker been wat die lekker was nie. Toetse is gedoen en sy is toe Donderdag 19 Julie geopereer. Hier is 'n paar foto's van haar.
Odélia speel in die speelkamer van die hospitaal.
Die boonste twee foto's is waar sy wag om die MRI scan te doen. Sy was 'n baie brawe meisietjie.

Hier is sy die aand voor die operasie saam met Irene van Dyk, die Suid-Afrikaanse netbalspeelster, wat vir die Silver Ferns netbal speel afgeneem na afloop van hul wedstryd teen Australië.


'n Boodskap van Pappa, Mamma, Annika en Joanné om gou gesond te word.


Duidelik weet sy nog nie op hierdie foto wat eintlik op haar wag na die operasie nie.


Na die operasie - nog lekker aan die slaap van die narkose.


Hier glimlag ons darem al weer.


Ons dank ons Hemelse Vader dat hy haar so mooi deur die operasie gedra het. Ons bid nou vir 'n spoedige en algehele herstel.
Baie dankie ook vir almal se gebede, boodskappe en liefde.


1 comment:

Sandmensie said...

Baie baie dankie vir hierdie nice fotoos, ons was rerig bekommerd want ons lees, hoor en sien niks van Odelia nie! ons is bly om te hoor dat sy beter en by die huis is!maar ek kan nogal dink dat daadie beentjie kan seer wees, sy is omtrent 'n brawe meisie!
japie jy lyk of jy warm kry in daardie winterkoue met jou rooi wange!!!
mooi bly julle almal!
liefde xxx
die Sloan's