Friday 6 July 2007

INKOPIEDAG IN ROTORUA


Donderdag 5 Julie is ons vir ons beplande inkopiedag na Rotorua. Yolandi kon as gevolg van afsprake nie saam met ons gaan nie. Daleen, Sebil, ek en Ruben is toe na Rotorua toe vir inkopies. Rotorua word 'n stad genoem. So, in vergelyking met Taupo, is die winkels groter en is daar 'n groter verskeidenheid om van te kies.

Die Sentrum waar ons inkopies gaan doen het.




Die Warehouse, 'n winkel waar jy alles en nog wat kan koop, het 'n uitverkoping van tot 50% af aan. Ons het besluit om verjaarsdag en kersgeskenke te gaan koop.




Hier staan ek by die kasregister om te betaal vir my inkopies.


Soos gewoonlik as ons by die speelgoed afdeling is, moet Sebil eers dat Ruben die speelgoed uittoets. Hier het sy hom op 'n motorfietsie.



Woolworths. In Suid Afrika ken ons Woolworths as 'n klerewinkel ook soortgelyk aan Edgars, maar jy kan ook kruideniersware daar koop. In Nieu Seeland is Woolworths net 'n winkel waar jy net kruideniersware kan koop.


Mitre 10, 'n hardeware winkel.


Farmers is een van die afdelingswinkels wat ampers soos 'n Edgars van Suid Afrika is. Hier kan jy huishoudelike ware, klere en selfs meubels koop.

No comments: