Thursday 3 December 2009

Oupa Pieter kuier in Taupo met sy verjaarsdag

Pieter het Woensdag verjaar. Ons is Taupo toe om kruideniersware te gaan koop en het ook vir Daleen daar gekry om saam te koop. Johan en Sebil het ook gegaan om kruideniersware te koop. Ons was ook vir afsprake by ons Chiropraktisyn.
Ruben het vir Oupa 'n frontloader gekoop (Matchbox) en Daleen het vir Ruben 'n concretemixer trok gekoop. Ruben kon natuurlik kies watter een hy vir Oupa wou gee. Hier sit hy en Oupa lekker en speel in die restaurant (wat aan Suid Afrikaners behoort)



Baie in sy noppies met sy trok, pose hy eers vir 'n foto saam met Mamma.


Johan en Ruben. Altyd tyd vir 'n lekker speletjie met die kleintjies.


Oupa Pieter met sy twee Du Plessis kleinkinders. Chanel hier nog maar net 11 dae oud.



Natuurlik moes ek en Sebil ook wys dat ons daar was.



Oupa Pieter kry nie genoeg van foto's neem met dié twee nie.



Hier kry ek ook darem 'n kans om saam met hulle afgeneem te word.



Ons het 'n baie lekker dag Woensdag geniet. Eers die ete saam met die kinders en die kuier saam met die kleinkinders. Toe is daar inkopies gedoen. Ruben het saam met Oupa terug gery huistoe. Oppad terug van die dorp af, het hulle vir Diela by die busstop opgelaai. Groot was haar verbasing toe Oupa haar by die bus kry, en dit nogal op sy verjaarsdag. Daarna het ons by Japie en Yolandi gekuier en het Oupa die kersies op sy verjaarsdagkoek doodgeblaas. Die video is hier onder by 'n ander berig.








No comments: