Thursday 24 December 2009

Kuier by die see



Die naweek van die 12 - 13 Desember was ek en Pieter saam met Japie, Yolandi en die dogters by die see. Dit was ons af naweek en ons het dit baie geniet. Is ook baie bederf. Lekker laat geslaap - net Odélia het ons gewen. Sy is 'n regte ou slaapkous. Kan sommer lekker laat slaap as dit nie skool is nie.



Hier is 'n paar fotos van die naweek.



Japie en Oupa Pieter het hulle lekker besig gehou. Hulle was ligtig vir die see, maar het dit so baie geniet. Annika wou gladnie eers huistoe gegaan het nie. Sy het allerhande planne gemaak net om langer te kuier.








Annika se sonbril het 'n tydjie terug in haar hare vasgesit. Sy het besluit eerder as om die seer te trotseer om die bril uit te haal, knip sy sommer die hare af. Kyk die haartjies bo-op die kop hoe regop staan dit.



'n Gat is gegrou vir die seewater om in op te dam. Dit was groot pret vir hulle om te sien hoe die gat vol water word.


Joanné saam met Japie.






Odélia en Annika het al begin mak raak vir die see.







Daar moes ook "touch" gespeel word. Almal is lekker rondgejaar op die strand. Die kleingoed het soveel energie. Maar met middagslapietyd was hulle so uitgeput, dat dit nie lank was nie of hulle was aan die slaap. Ouma het natuurlik haar kansie goed benut. As Joanné gesê het sy wil op Ouma se bed slaap, het ek saam met haar 'n uiltjie geknip.











Dit was 'n baie lekker naweek. Dankie Japie, Yolandi, Odélia, Annika en Joanné dat julle ons saamgenooi het. Ons het dit baie geniet. Volgende keer maak ons weer so.


No comments: