Tuesday 8 December 2009

Odelia se partytjie

Soos almal weet, het Odélia Saterdag verjaar. Hier is 'n paar foto's van haar verjaarsdagpartytjie.
Die tema was 'n "garden party".
Die tafelversierings het die tafel werklik na 'n garden laat lyk.




Elkeen het 'n blombakkie met lekkernye in gekry.




Die verjaarsdagkoek sou nie gesny word nie, want Maandag moes daar koek skooltoe gaan. Elke maatjie het 'n "cupcake" wat met 'n blommetjie versier was gekry.




Die verjaarsdagkoek. 'n Prentjie op die internet en Mamma moes die koek maak. Sy het haar werklik goed van haar taak gekwyt.




Ons verjaarsdagmeisie - Odélia Nortje.




Van die maatjies by die tafel.





Odélia besig om geskenke oop te maak. Hierdie geskenk het een van die skoolmaatjies se mamma self gemaak. Dit is 'n notabord wat sy in haar kamer kan opsit. Iets wat sy al lankal wou gehad het. Baie in haar noppies soos julle kan sien.



Die pers dressup wat sy aanhet, het ek die vorige dag by ons een werker se "garage sale" gekoop. Sommer so 'n ekstra geskenkie vir die 3 dogtertjies.



Odélia en 'n paar van haar maatjies.



Tyd vir kersies doodblaas. En sien julle almal kan sien, ons oudste was ses.





Joanné met Chanel. Hulle laat nie die kans verby gaan om gou 'n bietjie pop te speel en vas te hou nie.




No comments: