Saturday 5 December 2009

2 Verjaarsdae en 2 huweliksherdenkings

Kobus en Amanda vier vandag hulle 27ste huweliksherdenking. Kan nie dink dat dit al so baie is nie. Mag daar nog soveel wees. En mag die jare wat voorlê alles wat mooi is inhou - geluk, liefde, voorspoed en vreugde. Geniet die dag en bederf mekaar.



Gert en Marinda vier ook vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk ook aan julle. Mag jul huwelikspad vorentoe besaai wees met rose (sonder die dorings) Geniet 'n baie lekker dag.
Gert en Marinda hier saam met hul twee seuns.





Vandag verjaar Gideon Strydom. Baie geluk, Gideon. Mag die nuwe lewensjaar 'n baie mooi jaar wees, gevul met alles wat mooi is. Geniet die dag.
Vandag vier ook 'n baie jare lange vriendin van ons Strydom dogter, Hester (Kath) Holtzhauzen, ook haar verjaarsdag. Baie geluk, Hester. Mag die nuwe lewensjaar baie geluk inhou. Vreugde, voorspoed en vrede word jou toegewens. Geniet 'n baie besondere dag.

No comments: