Friday 18 December 2009

Evette se verjaarsdag

Veels geluk, liewe Sussie, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Mag jou pad besaai wees met rose, vreugde, geluk en liefde. Geniet 'n baie spesiale dag. Wens ons kon daar wees om dit met jou te deel. Liefde van ons almal.



Dit is ook Awie en Hettie Nel se huweliksherdenking. Baie geluk. Mag julle nog lank vir mekaar en almal wat vir julle lief is, gespaar bly.
Ook is dit Nas en Amanda se huweliksherdenking. Mag julle huwelikspad besaai wees met alles wat mooi en goed is. Geniet die dag en bederf mekaar.

No comments: