Wednesday 30 December 2009

Kersvader by Ruben se Daycare

Woensdag, 23 Desember, was Ruben se laaste dag vir die jaar by dagsorg. Soos die gebruik is, het Kersvader dan ook sy besoek afgelê. Ruben is baie ligtig vir Kersvader. Hy wil nie naby hom kom nie. Elke kind se ouers moes dan ook 'n klein geskenkie koop sodat Kersvader dit vir die kinders kon gee.
Kersvader het gearriveer. Hier kruip Ruben agter Sebil weg.




Styf hou hy Mamma se hand vas terwyl hy sy geskenkie by Kersvader vat.



Sy geskenk was 'n verkyker. Hy was baie opgetrek daarmee.



Later het hy so mak geword dat hy self al nader en nader beweeg het aan Kersvader. Ek glo nie hy het besef dat hy so naby hom staan nie.



Terwyl ons gewag het vir Kersvader om sy verskyning te maak, het ek so 'n paar foto's van die speel area geneem.
Hierdie is die muur in die hoek waar die sandput is.







'n Ander gedeelte van die muur is weer met vliegtuie en helikopters geverf.





Ruben het homself besig gehou om bou blokke op mekaar te pak sodat hy daarop kon staan en aan die dak raak.






Ruben en Mamma Daleen.





Ruben en tannie Riza.



Riza is die vrou van Albert de Buys wat by Japie en Hekkie op die plaas werk. Dit was heel toevallig dat Riza werk gekry het by die dagsorg en dat Albert op die plaas begin werk het.
Hulle twee - Ruben en Riza - is baie erg vir mekaar en word daar gedurig drukkies uitgedeel.

No comments: