Monday 14 December 2009

Laat gelukwense

Ek en Pieter was die naweek saam met Japie, Yolandi en die dogters by die see gewees, daarom dat ek nie die volgende gelukwensings gedoen het nie. Sal later vir julle fotos opsit.
Danie en Miemie du Plessis het op 13 Desember hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk, julle. Mag die jaar wat voorlê geluk, vreugde en baie voorspoed inhou. Hoop dat dit 'n baie spesiale dag vir julle was. Liefde van ons almal hier.

Bennie Labuschagne het sy verjaarsdag op 13 Desember gevier. Baie geluk, Bennie. Hoop jy het die dag baie geniet saam met almal wat vir jou lief is. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.




Japie en Suné het hul 5de huweliksherdenking op 11 Desember gevier. Baie geluk, ons hoop dat die jare wat voorlé net alles wat mooi is sal inhou. Hoop julle het die dag geniet.



Die 11de was ook die geboortedag herdenking van Andries Labuschagne. Baie geluk, Andries. 'n Mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy is baie bederf.






No comments: